Blok Logo

ALGEMENE LITIGASIE PRAKTYK

Ons prokureurs beskik oor uitstekende ondersoek-vaardighede, is uiters vindingryk om die nodige bewyse op te spoor om eise vas te stel en voer deeglike ondersoeke uit as deel van die beoordeling van eise. Ons pas ons uitgebreide kennis toe op verskeie terreine van die Reg en toepaslike hofreëls, ons ondersoek elke individuele saak op sy meriete om die beste moontlike uitkoms vir ons kliënte te bereik. Ons het 'n groot netwerk van bevoegde advokate om te help in meer ingewikkelde sake en hooggeregshof litigasie aangeleenthede.

Ons diens sluit die volgende in:

  • Instelling/verdediging van litigasie-eise regdeur die verskillende regsvelde.
  • Kwantifisering van die skade en aksies wat geneem moet word.
  • Voer litigasie namens die kliënte.

 

INVORDERINGS | UITWIN BAARHEID VERKLARING (OP ROEP) VAN VERBANDE |

EIENDOM EN HUUR INVORDERINGS

Ons spesialiseer daarin om ons kliënt se bestuur van hul invorderings en/of debiteure te verstaan. Ons help elke kliënt om die mees koste-effektiewe manier te vind om op Debiteure in te vorder, en om kontantvloei te maksimeer.

Ons regspan het 'n uitgebreide ervaring van die wet met betrekking tot op roep van verbande en die ontwikkeling in die reg wat daarop betrekking het.

Ons help deurgaans groot en kleiner kliënte met die hele proses om litigasie-aangeleenthede in te stel en/of te verdedig  namens algemene kliënte finansierders en eiendom eienaars ens.

Ons maak gebruik van verskeie outomatisering stelsels om te verseker dat daar aan ons kliënte se behoeftes voldoen word.

GL